SASOLBURG. - Daar is die afgelope paar weke verskeie groot byeenkomste kort na mekaar by die DP de Villiers-stadion gehou. Hier is aksie tydens die D7 Sedibeng Oos-distriksbyeenkoms vir hoërskole.
Atlete het stof opgeskop in die verspring vir s.o.17. Foto: Elsje Vermeulen
As die DP de Villliers-stadion kon praat, sou ek graag wou hoor wat hy oor die prestasies van die afgelope atletiekseisoen te sê sou gehad het.
Die D7 Sedibeng Oos-distriksbyeenkoms is Vrydag, 23 Februarie in die bloedige hitte daar gehou en puik prestasies was weer aan die orde van die dag.
Die atlete het hul beste gegee en van die top atlete sal die streek in 41 items tydens die Gauteng-atletiekbyeenkoms verteenwoordig.
Elsje Vermeulen was daar om die aksie op kamera vas te vang.
Katleho Seeta van Riverside High het die eerste plek los gespring in die verspring vir s.o/17.Die skoot het geklap! Gerhard Labuschagne van HS Overvaal het die eerste plek behaal in die 400 m vir s.o/17.Keitumetse Mokoena van Poenix High in Vereeniging laat die sand spat vir ‘n bronsmedalje in die verspring vir s.o/17.Die Dokkies se Luan van der Linde neem die voortou in die 3000 m vir s.o/14.Gontse Mothibi van Riverside High het die hoogspring vir s.o/19 gewen.Boetie Kekana van HS Dr. Malan seil gemaklik oor die dwarslat vir sy silwermedalje in die hoogspring vir s.o/19.‘n Atleet van HS Overvaal in aksie in die driesprong vir s.o/17.Luka Pretorius van HS Dr. Malan van Meyerton het die eerste plek behaal in die drieprong vir s.o/17 en tweede plek in die verspring.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za