Local newsNewsNews

KYK: Duisende pak Vaal Marathon aan

Duisende atlete het Sondag die Vaal Marathon aangepak.

VEREENIGING. – Die strate van Drie Riviere en Risiville het Sondag gekrioel met atlete toe duisende langasaems die Vaal Marathon en gepaardgaande wedlope aangepak het.

Volgens die amptelike uitslae het altesaam 1168 atlete aan die marathon (42.2km) deelgeneem. Die +30km-wedloop het 121 atlete gelok, terwyl die halfmarathon (21.1km) en 10km-wedloop onderskeidelik 734 en 321 deelnemers gehad het.

Daar was ook ‘n 5km pretdraf.

Rory Scheffer het die manswedloop (42.2km) in ‘n tyd van 02:31:05 gewen, terwyl Gerda Steyn die vrouewedloop in ‘n tyd van 02:43:30 gewen en ook die rekord vir vroue verbeter het.

Kry ons ons gedrukte koerant vir meer oor dié gewilde marathon.

Volledige uitslae is beskikbaar by www.peaktiming.co.za

Buks van Heerden en Jackie Calitz voltooi saam die halfmarathon. Foto: Christiaan Cloete
Caiya Norris wend ‘n bomenslike poging aan in die pylvak van die halfmarathon. Foto: Christiaan Cloete
Wynand de Goede en Adriaan Bekker in aksie tydens die halfmarathon. Foto: Christiaan Cloete
Susan Plitt het Sondagoggend gestap. Foto: Christiaan Cloete
Thabiso Mosekili en Rory Scheffer in aksie tydens die marathon. Foto: Christiaan Cloete
Gerda Steyn het haar verjaarsdag gevier met ‘n oorwinning in die marathon en ‘n nuwe vrouerekord in die Vaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete
Gerda Mclachlan in aksie tydens die halfmarathon. Foto: Christiaan Cloete
Dennis Ryder, die DA se voorsitter in die Vaal-streek, deel water uit tydens die Vaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete
Lawrence Barit (70+) was een van die oudste deelnemers aan die 10km. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button