Rand Water kan krane toedraai as Emfuleni nie betaal nie
Emfuleni se wanbetaling van sy rekening aan Rand Water kan daartoe lei dat inwoners direk geraak word wanneer die watervoorsiener besluit om die watertoevoer te verlaag.

GAUTENG. – Inwoners van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit leef in vrees vir toekomstige watertekorte, want die watervoorsiener, Rand Water, is besig tans om munisipaliteite wat hom geld skuld se krane stywer toe te draai.
Rand Water sê hy is diep bekommerd oor munisipaliteite se uitstaande skuld wat besig is om op te hoop.
Rand water is deeply concerned over the escalating debts caused by municipalities’ failure to honour their bulk water purchase agreements and debt settlement arrangements with Rand Water.
Volgens die watervoorsiener skuld munisipaliteite hom gesamentlik sowar R3 miljard.
Van al dié munisipaliteite wat Rand Water geld skuld is die sukkelende Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld die meeste.
Emfuleni skuld vir Rand Water ‘n verbysterende 945 453 844.18.

Rand Water het Vrydag in ‘n verklaring sê die omvang van uitstaande skuld van munisipaliteite het ‘n “kritieke vlak” bereik en vereis dat aksie dringend geneem word.
Volgens Rand Water het hy reeds op 26 Februarie die watertoevoer van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit van Parys en Merafong Stad Plaaslike Munisipaliteit van Carletonville met 20% verminder.
Rand Water het ook gewaarsku dat indien dié bogenoemde munisipaliteite nie hul uitstaande skuld teen 25 Maart betaal nie, die watervoorsiener die waterdruk met ‘n verdere 20% kaan verminder.
Ngwathe skuld Rand Water maar R66 822 914.88 en Merafong R846 298 900.58.
Dit is nie naastenby so baie as wat Emfuleni die watervoorsiener skuld nie, en daar is kommer dat Rand Water dieselfde met Emfuleni kan doen.

