Local newsNewsNews

Sedibeng dames ‘pool-spelers’ maak gereed vir SA’s

Twee Sedibeng dames spanne sal die streek vanaf 14 April in Bellville (Kaapstad) tydens die Suid-Afrikaanse Agtbal-potspelkampioenskap verteenwoordig.

Die vierde en finale uitdunne om die Sedibeng dames agtbal-potspelspanne te kies, wat die streek by die SA’s sal verteenwoordig, is onlangs afgehandel.

Die dames het puik spel gelewer en mekaar behoorlik opdraende gegee. Maar aan die einde van die uitdunne is die tops spelers in ‘n A- en B-span ingesluit.

Die A span is: Audrey Coetzee, Cassandra de Waal, Kirsty Odendaal, Leila Jeffers en Soekie Botha. Ronel Engelbrecht is die spanbestuurder.

Die B span is: Elize Jansen, Jeanette Joubert, Carin Coetzee, Anja Tredoux en Chaundelle Mostert. Wynand Joubert is die spanbestuurder.

Indien daar enige persone of besighede is wat die dames wil borg kan Carin Coetzee (PRO van Sedibeng Pool) gekontak word by 067 0917 787.

Die Sedibeng Dames A-span: Audrey Coetzee, Cassandra de Waal, Kirsty Odendaal, Leila Jeffers en Soekie Botha.
Die Sedibeng Dames B-span is: Elize Jansen, Jeanette Joubert, Carin Coetzee, Anja Tredoux en Chaundelle Mostert.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button