Local newsNewsNews
Vaalweekblad Bruid van die Jaar
Dis 'n nuwe jaar en inskrywings is oop vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2024 kompetisie.
As daar een dag in ‘n vrou se lewe is wanneer sy straal, is dit natuurlik op haar troudag.
Vaalweekblad nooi alle plaaslike dames wat hierdie jaar trou om aan die kompetisie deel te neem.
Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel. As jy dus reeds in Januarie of Februarie getrou het, wil ons graag so gou moontlik jou inskrywing ontvang.
Stuur dus jou mooiste troufoto (halflyf of vollyf) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.
So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
