Local newsNewsNews

Bike ritte, want pensioenaris wees is vervelig

Jarelange vriende, voormalige kollegas, die groep pensioenaris bikers ry saam vir die lekkerte daarvan.

SASOLBURG. – Bikerklubs is volop in die Vaaldriehoek, maar dan kry jy die Old School Bikers Social Riding Club. ‘n Amptelike klub met reëls en regulasies is hul nie, wel ‘n groep pensioenarisse wat gereeld saam die pad vat.

“Ons moet die tyd omkry. Dis vervelig op pensioen,” spot Rassie Erasmus. Almal in die groep is ou vriende en ry al jare saam. Meestal Woensdae.

Wie ook al beskikbaar is val om 09:00 in en dan kies hul koers in ‘n rigting. Party dae Parys, ander dae so ver as Potchefstroom of rigting Vaaldam.

Jarelange vriende, Rassie Erasmus, Johan Duvenhage, Johan Grobler en Danie Erasmus is almal deel van die Old School Bikers Social Riding Club. Foto’s: Gerda Bruinette

Daar was die keer toe hul Petrus Steyn toe is en die wind so gewaai het. “Ons het almal daardie dag natgereën,” onthou Johan Grobler.

Alles is nie net altyd vir hul eie plesier nie. Die manne het ook ‘n groot hart vir die gemeenskap en gaan uit hul pad om te help waar hul kan.

Daar was die keer wat hul geld ingesamel het om ‘n spesifieke saal vir ‘n blinde meisie te koop wat perdesport gedoen het.

Verlede jaar was hul betrokke by ‘n MS-lyer, Rinette Broers se begrafnis in Sasolburg. Dan is daar die groot Blanket Drive wat hul elke wiinter aanpak met die hulp van onder andere die Centurions MC Vaal klub.

By die geleentheid samel hul kos, klere, komberse en selfs skryfbehoeftes in om deur die VF+ onder behoeftiges versprei te word. Die Blanket Drive vind gewoonlik in Junie by Sharky Town plaas.

Individue wat komberse en dies meer wil skenk, kan vir Rassie by 082 458 3785 kontak. Nog ’n hoogtepunt op hul jaarkalender is die jaarlikse Toy Run.

Van die lede van die Old School Bikers Social Riding Club na ‘n Woensdagoggend rit. Foto: verskaf deur Rassie Erasmus

Die meeste van die manne is weermagveterane en hul probeer sover moontlik ook daar betrokke raak en help.

Vir hulle gaan dit oor die weeklikse uitkom, die kuier saam met ou vriende, die lekker eet en as hulle boonop ander ook kan help, is dit vir die pensioenaris-bikers die kersie op die koek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button