KYK: Plaaslike sanger stel musiekvideo vry
Die musiekvideo van Dimetrios se liedjie “Skadu’s teen die muur” is onlangs vrygestel.
VEREENIGING. – Die sanger het vroeg vanjaar sy splinternuwe EP-album getiteld “Skadu’s teen die muur” bekendgestel en nou het hy dit opgevolg met die musiekvideo vir die titelsnit.
Dimetrios Sound sê hy het die album geskryf in ‘n tyd wat hy ‘n gebroke hart gehad het. Die album gaan egter oor veel meer as sy gebroke hart.
Luisteraars kan met sommige van die snitte ‘n mengelmoes van emosies verwag, terwyl ander liedjies jou weer op die kombuis- of dansvloer sal laat skoffel.
Oor die titelsnit van sy EP-album verduidelik Dimetrios: “Mens leef en doen goed gewoonlik vir ander en vergeet soms oor jouself en jou geesteslewe. God wil nie ‘n skadu teen die muur wees in jou lewe nie. Hy wil deel van jou lewe en ervaring wees, die hoogtes en die laagtes. Hy wil hê dat jy jouself deur Sy hart sien.”
“Die lied vertel ‘n storie waar jy jouself weer vind en gelukkig kan wees. Dat jy nie maskers hoef te dra vir ander om hulle gelukkig te maak nie. Wees die unieke ware jy, al begin jy van voor en dus ‘n keuse wat jy, self moet maak.”
