Local newsNewsNews

Net 8 dae om te gaan voor Rocking The Vaal

Die tyd raak min. Die opgewondenheid groot. Hier kom 'n ding Vaaldriehoek.

VANDERBIJLPARK. – Die Golden Triangle of Commerce (GTCoC) se grootskaalse wêreldrekordfees is om die draai.

Saterdag, 16 Maart gaan dinge gebeur by die Emerald Resort & Casino. Hekke open om 10:00 en kaartjies is teen R195 per persoon aanlyn te koop by https://tickets.tixsa.co.za/event/rockingthe-vaal.

Jou toegangskaartjie gee jou 50% afslag vir die dag by die Aquadome en by Animal World, asook ‘n Diamond Drop kaartjie, ‘n potjiekos-bunny-chow vir aandete en toegang na die dag en aand se musiekproduksies.

Russell Broodryk, operasionele bestuurder van MAN Energy Solutions South Africa (Edms) Bpk. verdwyn amper agter die pot in wording. Foto verskaf deur Russel Broodryk

Groot name in die Afrikaanse musiekbedryf het saamgespan om ‘n spesiale produksie op die verhoog te bring. Elke kunstenaar gaan nie sommer maar net ‘n paar liedjies sing nie.

Hierdie is ‘n hele topgehalte produksie spesiaal vir Rocking the Vaal geskryf. Eenmalig met Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Refentse, Jo Black, Riaan Benadé en Samantha Leonard.

Bekende radio-omroeper en sanger, Martin Bester gaan ook deur die loop van die dag optree. Daar gaan stalletjies te kies en te keur wees met allerlei lekkernye te koop.

Dan is daar natuurlik die vier wêreldrekords wat aangedurf gaan word. Die serp van 35 000 km, die 1 000 brode wat gebreek gaan word, die 1 000 snye wat gesmeer gaan word en die groot, groot, groot pot waaruit 10 000 mense lekker kos gaan kry.

Alles vir liefdadigheid. Kom deel in die pret. Dit beloof om ‘n eenmaal in ‘n leeftyd skouspel te wees.

Jaco Verwey, voorsitter van die GTCoC het gesê toegangskaartjies is die hele dag geldig.

So jy kan ‘n draai kom maak, huis toe gaan of na jou kinders se sport gaan kyk en weer later terugkom. Hou net jou kaartjie byderhand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button