Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Hoe vang mens vis?

Daar is niemand so slim soos 'n jongeling tussen graad 1 - graad 3 nie. Lees net hier wat sê hul oor visvang.

Visvang of hengel soos die groot entoesiaste dit noem, is ‘n algemene tydverdryf vir menige Suid-Afrikaner, veral oor ‘n naweek.

Weet ons jongspan hoe vang mens vis? Gerda Bruinette het by Laerskool Emfulenipark se graad 1’s – 3’s gaan inloer.

Reinard du Plessis “‘n Mens sit ’n sinker op en dan gooi jy hom in en dan moet jy fight om daai vis uit te kry.”

Reinard du Plessis. Foto’s Gerda Bruinette

Bianca Lemmer “Jy vang vis met ‘n stok of met ‘n net. Jy het ‘n choice. Jy moet viskos of ‘n squeeky toy opsit, dan kom die visse byt.”

Bianca Lemmer

Benjamin Swanepoel “Jy sit eers ‘n loodjie aan wat lyk soos ‘n vissie. Daar is ‘n hakie aan die loodjie en dit beweeg in die water. Dan vang jy bass. As die vis honger is.”

Benjamin Swanepoel

Chelinke Jansen van Vuuren “Jy vat ‘n visstok en dan sit jy kos, soos ‘n broodjie, op. Gooi hom in en as jy hom uithaal, kry jy dalk ’n vis.”

Chelinke Jansen van Vuuren

Johannes van Helden “Jy vang vis met ‘n net en dan sit jy die vis in ‘n plastiesesak met water in. Of jy het ‘n ding (hy het bedoel ‘n stok) waaraan jy ietsie sit soos stinky cheese en dan vang jy die vis.”

Johannes van Helden

Hemarie Surd “Jy vang vis met ‘n visstok en ‘n net. Jy moet ‘n wurm aansit. Ek wil ook visvang, maar my ma en pa dink ek gaan inval.”

Hemarie Surd

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button