Local newsNewsNews

Sangeres verras met nuwe album

Sy het geen idee gehad dat haar kortspeelplaat Donderdag uitgereik sou word nie.

VANDERBIJLPARK. – Toe die sangeres Derónshay Donderdagoggend vir ‘n regstreekse onderhoud by IFM Radio 102.2 opgedaag het, het sy nie die vaagste benul gehad dat haar nuwe kortspeelplaat “Is jy nog hier” uitgereik sou word nie.

Daar was dus groot opgewondenheid toe die omroeper Marius Lewis haar in die ateljee haar meedeel dat die plaat uiteindelik hier is!

“Oh my soul! Wow! Ek weet nie wat om te sê nie!” het die 17-jarige sangeres, stom van verbasing, gesê toe sy die fisiese album voor haar gesien en dit in haar hande vasgehou het.

Oh my soul! Wow! Ek weet nie wat om te sê nie!

Die album is reeds in November 2023 digitaal uitgereik, maar die fisiese album is nou hier.

Die veelsydige en talentvolle skrywer en kitaarspeler van Deneysville se Country-aanslag beloof om luisteraars se harte diep tref en hulle voete laat jeuk op die dansvloer!

Mense wat in die nuwe album belangstel kan vir Somônja WhatsApp by 066 360 2772 of ‘n e-pos stuur aan deronshay.bookings@gmail.com

Jy kan ook hier klik vir ‘n skakel na Derónshay se Facebook-blad vir meer inligting oor dié opwindende sangeres.

Die bemarking en digitale verspreiding word deur Embrace The Brand Media/David Gresham Records gedoen. Kontak Christien De Klerk vir meer info by christiendeklerk7@gmail.com

*Lees meer in volgende Vrydag (15 Maart) se Vaalweekblad (die gedrukte koerant) oor dié talentvolle sanger.

Die sangeres Derónshay Donderdag in die IFM Radio 102.2 FM ateljee saam met die omroeper Marius Lewis. Haar kortspeelplaat is tot haar verbasing tydens ‘n regstreekse uitsending uitgereik.
Die sangeres Derónshay van Deneysville praat tydens ‘n regstreekse radio onderhoud op IFM Radio 102.2 FM oor haar nuwe kortspeelplaat.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button