Die angel uit wiskunde getrek
By hierdie sentrum raak lees en wiskunde tweede natuur. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Wiskunde. Die een vak wat almal moet hê en waaroor vele nagmerries kry. Male sonder tal is dit omdat die leerders nie die basiese begrippe van wiskunde ken en verstaan nie.
Gekwalifiseerde onderwyseres Melicia Fourie het ‘n franchise van Smart Maths in Vanderbijlpark oopgemaak. Die program help leerders tot in graad 7 om te leer en te verstaan.
“Elke kind word op hul vlak hanteer deur twee lesse per week waar kinders die geleentheid kry om elke les behoorlik te verstaan. Ons leer hul ook hoe om akkuraat te werk met spoed. In die proses bou ons die kinders se selfvertroue en werk hul vrees vir wiskunde weg,” verduidelik Melicia.
Melicia is op ‘n missie om ‘n verskil in kinders se lewens te maak. Sy en haar tannie, Melinda Davids het saam die Megaminds Leersentrum begin.
Melinda bestuur die Tina Cowley Leessentrum en Melicia die Smart Maths. “By die leessentrum leer ons kinders vanaf vyf jaar om met begrip te lees. Ons help ook volwassenes om beter en met spoed te kan lees en te verstaan wat hul lees,” vertel Melinda, wat ook onderwys gegee het.
By Megaminds word daar met die individu gewerk en basiese beginsels neergelê en vasgemaak.
Die twee dames aan die stuur van sake verstaan kinders en die onderwysstelsel en saam maak hul seker dat niemand agterweë gelaat word nie. Kontak Melinda by 074 175 0176 of Melicia by 079 696 4980.
