Local newsNewsNews

Ultimate Outlaws: Die droogte is verby!

VEREENIGING. - Die plaaslike wedrenseisoen het amptelik afgeskop by Ultimate Outlaws by die Vereeniging-skouterrein. Die openingsaand het vir baie opwinding gesorg.

Hoewel daar minder wedrenklasse was, het die manne en vroue wat op 2 Maart agter die stuur ingeskuif het in hul onderskeie klasse, vir puik aksie gesorg.

Dit was natuurlik baie lekker om drie van die top renjaers in die Sprint-klas terug in aksie te sien by Ultimate Outlaws. Jacques Roos, Andries Marx en Quintin Saayman het vir heelwat opwinding in dié klas gesorg.

Volledige uitslae in die week se Vaalweekblad (8 tot 14 Maart).

Elsje Vermeulen was daar om die aksie vas te vang.

Plaaslike jaer Morné Thomas met die wenvlag in die eerste uitdun van die Stock Rods.
Broer en suster Keagan (nr. 23) en Lorika Maartens (nr. 26) sê mekaar die stryd aan in die Nat Hotrods.
Plaaslike jaer Willie Stols sit voet in die hoek in die 1660cc klas.
Rachelle du Plessis in aksie in die Sprints.
Conrad du Randt tydens die optog voor die wedrenne begin het.
Aksie in die Nat Hotrod-klas. Links is plaaslike jaer Frankie Paiva en in die pers renmotor is Amos Cockeram jnr.
Keagan Maartens was die algehele wenner van die aand in die Nat Hotrods.
Die jong dames het die optog baie geniet.
Quintin Saayman in aksie in die Sprints.
Frankie Paiva se renmotor was ook volgepak met jong motorsportgeesdriftiges tydens die optog.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button