Local newsNewsNews

Want ons hou van motorsport

Die wedrenseisoen het amptelik aangebreek en die toeskouers het die aksie ten volle geniet.

VEREENIGING. – Saterdag, 2 Maart het die motors gebrul en mekaar sommer vroeg opdraand gegee.

Kyk hoe lekker braai ons nou. Luhann, Luné, Theuns en René Wepener van Duncanville wag vir die aksie om te begin.

Dit was ‘n lekker skouspel vir die toeskouers wat bankvas gesit het om die afskop van die wedrenseisoen by die Ultimate Outlaws Raceway te beleef.

Emaly, Kerry en Eddie Pretorius van Meyerton mis nie sommer ‘n aand by die Ultimate Outlaws Raceway nie.

Vreemdelinge het land en sand gesels en onder die hoofpawiljoen het die braaivleisvure van vroeg af almal honger gehad.

Sarah, Pieter en klein Leandri van der Linde van Vanderbijlpark is gereelde besoekers by Ultimate Outdoor Raceway.

Oud en jonk het die aand geniet en weereens bewys dat om motorsport te kyk ontspanning vir die hele gesin bied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button