Local newsNewsNews

AHS neem die voortou in nuwe skoolsport

Afrikaans Hoër Sasolburg het onlangs 'n nuwe amptelike buitemuurse aktiwiteit by die skool bekendgestel.

SASOLBURG. – Na maande se beplanning en organisasie het die groot dag, 28 Februarie, aangebreek. Die eerste amptelike oefening van Afrikaans Hoër Sasolburg se grappling-span.

Grappling is ‘n vorm van Brazilian Jiu-Jitso en AHS is die eerste skool in die geskiedenis om dit as ‘n amptelike skoolsport te erken.

Rugbyafrigter en onderwyser by die skool, mnr Paul Labuschagne sê grappling is die vinnigste groeiende sport in Afrika.

Afrigter Bart Potgieter demonstreer een van die basiese bewegings van Grappling.

“Ek is betrokke by die rugby en het agtergekom dat die seuns sukkel met hul skouers en knieë. Die kernspiere (core) is nie genoegsaam ontwikkel nie.

“Ons het op grappling besluit, nie net om die rugby, hokkie en netbalspelers te help nie, maar ook om leerders wat nie aan ander sport kan deelneem nie, ‘n bekostigbare sport te bied.”

Die skool het onlangs amptelik die sport by die skool saam met die Super 8 bekendgestel. Die span sal as ambassadeurs van die sport en die skool dien.

Die Super 8 bestaan uit Reinhard Venter (kaptein), Ewan Jansen van Vuuren (onderkaptein), Anisha Stevens, Thiago Marrilier, Keno Rossi, Dandre Kleynhans, Lathitha Ngwangu en Ivan Venter.

Die sport word in samewerking met Mighty Warriors aangebied met Bart Potgieter as hoofafrigter. Tydens die eerste oefensessie het die atlete van die basiese vasdrukke geleer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button