Local newsNews

Jeugland se basaar samel rekordbedrag in

Vanjaar se basaar is soos altyd deur belangstellendes van heinde en ver besoek.

 

VANDERBIJLPARK. – Jeugland Tuiste vir Bejaardes het onlangs hul baie gewilde basaar by die sentrum in Conan Doylestraat 10, Vanderbijlpark, gehou. Dié jaarlikse geleentheid is reeds alom bekend vir die uitsonderlike en hoëgehalte artikels wat elke jaar hier te koop is. Vanjaar se basaar is soos altyd deur belangstellendes van heinde en ver besoek en ‘n rekordbedrag is ingesamel danksy die organiseerders en inwoners se harde werk. Jeugland se bestuurder, mev. Katinka Nel, bedank graag alle individue, sakeondernemings, kerke en ander instansies wat skenkings gegee en die basaar so goed ondersteun het.

Louise en André Botes by Jeugland se terte en lekkernye-afdeling.
Magda en Nic Louw.
Elsie en Wimpie Reyneke.
Tessa Pienaar en Cecilia Harmse by die groente-tafel.
Van die helpers, fluks besig om pannekoerk te bak.
Die wit-olifanttafel het soos altyd groot belangstelling uitgelok danksy die wye verskeidenheid hoëgehalte artikels wat teen ‘n appel en ‘n ei te koop was.
Hier is Anika Nel en Anthony Swanepoel by die basaar se lekkergoedtafel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button