Net 3 dae voor Rocking the Vaal!
Het jy al jou kaartjie vir Rocking the Vaal? Kyk hoe word daar gewerkskaf by die Emerald Resort & Casino
VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 16 Maar is die groot dag. Die allemintige poging om vier Guiness World Records in die slag te laat bly.
By die Emerald Restort & Casino is daar reeds ʼn groot gewoel en gewerkskaf. Die groot verhoog begin vorm aanneem en die groot pot word vandag staangemaak.

Om die hoek by die GTCoC se kantore word daar nog ywerig gehekel, vasgewerk en serpe genommer.
Die organiseerders is op min slaap en baie werk, maar almal is vol moed dat die dag suksesvol gaan verloop.
Het jy al jou kaartjie gekoop? Gaan sommer nou na https://tickets.tixsa.co.za/event/rocking-the-vaal.
Vir slegs R195 per persoons kry jy toegang om die vier wêreldrekordpogings self te aanskou, lekker potjiekos-bunny chow te eet, ʼn moontlike prys by die Diamond Drop te wen en die groot produksie met die land se top kunstenaars te aanskou.
