Local newsNewsNews
Inwoners nou keelvol vir onwettige stortingsterrein by Redan
Inwoners het nou genoeg gehad van die reuk van gebrande rommel.
VEREENIGING. – Inwoners van Redan en omliggende gebiede en studente en onderwysers van die Springfield School het Vrydagoggend die M61-pad tussen Redan en Meyerton met bande, takke en rommel versper uit protes teen die onwettige stortingsterrein op die Eskom-serwituut tussen die R59-snelweg en die M61.
Betogers het aan Vaalweekblad gesê hulle is behoorlik keelvol vir die rook en die reuk van gebrande rommel wat van die stortingsterrein afkomstig is.
Hulle kla ook oor die onooglike rommelhoop op hul voorstoep.
Die onwettige stortingsterrein het daar onstaan nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vroeër die Waldrif-stortingsterrein gesluit het en mense nou hul rommel daar gaan stort.
Kry ons gedrukte koerant vir die volledige berig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.