Local newsNewsNews

Rocking The Vaal – môre is die groot dag!

Is jy gereed vir Rocking The Vaal? 16 Maart by die Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark.

VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 16 Maart maak die hekke oop vir die grootste skouspel wat die Vaaldriehoek nog gesien het.

By die Emerald Resort & Casino is daar die hele week al ‘n groot bedrywigheid op die agterste veld aan die gang. Daar is Maandag al aan die verhoog begin werk en teen Dinsdagaand het die manne al verby dakhoogte op die stellasie rondgeklouter.

Die groot pot Donderdag was in die proses om skoongemaak te word. Foto’s Gerda Bruinette

Woensdag is die massiewe pot van 4 m hoog en 2.5 m in deursnee op die agterkant van ‘n groot trok ingebring, waarna dit stadig met ‘n hyskraan laat sak is.

In die GTCoC se kantore word daar nog van vroeg tot moeg gewerskaf aan die 35 000 serpe en teen Donderdagoggend was die serp al ‘n blou tapyt op die grond.

Almal werk teen tyd, want alles moet gereed wees wanneer die hekke oopmaak.

Saterdag se program. Foto: Facebook/Rocking The Vaal

Kaartjies is steeds aanlyn beskikbaar teen R195 per persoon.

Bring jou eie stoel of kombers om op te sit. Onthou jy kan in en uitgaan soos jy wil deur die dag, solank jy net jou kaartjie toon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button