Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Wie is die baas in die huis?

Hieroor is al hare gekloof, maar die jonspan (graad 1 - graad 3) van D.F Malherbe reken hulle weet.

Wie is die baas in die huis, mamma of pappa? Laerskool D.F Malherbe se jongelinge het vir Gerda Bruinette ‘n paar interessante antwoorde gehad.

Giané Müller “Pappa. Hy sê gewoonlik wanneer iets opgeruim moet word.”

Giané Müller

Johan van Dyk “Pappa, want hy het die huis gekoop.”

Johan van Dyk

Johan Pretorius “Die bank, want ons het nog nie die huis klaar betaal nie. Ons hond, want hy lê op die kussings en maak wat hy wil.”

Johan Pretorius

Rumé De Sousa “Pappa is die baas, want hy is die oudste. Die oudste is altyd die baas in die huis.”

Rumé De Sousa

Ninke van Eeden “Pa, want my pa het die huis betaal. Ma is ook die baas, want sy maak kos en koop speelgoed.”

Ninke van Eeden

LC Jacobs “My pa, want hy het die huis gekoop en hy sorg vir ons.”

LC Jacobs

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button