Local newsNewsNews
Jongman aangeval in kuierplek, gebed gevra
Hulle wou net rustig kuier, maar die aand het in 'n nagmerrie ontaard. Volledige berig in Vaalweekblad van 20 Maart 2024

MEYERTON. – ʼn Gesellige aand om sy broer se verjaardag te vier het sleg uitgedraai toe JC Albrightsön (23), in ʼn poging om ʼn pa en seun te help, self deur twee jongmans aangeval is.
Die voorval het verlede Saterdag in ʼn kuierplek op die dorp gebeur. JC is deur die een man geslaan en nadat hy bewusteloos op die vloer gelê het, deur ʼn tweede man verder geslaan.
Sy ma, Almari, sê JC was in ʼn staathospitaal opgeneem met ernstige wonde aan sy gesig, mond en skedel. “Dis vir ons almal ʼn baie moeilike tyd. Ons waardeer almal se boodskappe en gebede,” het sy gesê.
Hy is tydelik ontslaan en moet Woensdag weer by die hospitaal wees vir verder skanderings.
Volledige berig in Vaalweekblad van 20 Maart 2024.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.