Burrie Smit is een van die min Trasvalia-matrikulante van 1974 wat nog in sy skooldrag pas! Hier pronk hy trots in sy Transvalia-skoolbaadjie, met Anna Orsmond wat glimlaggend toekyk.
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se matrieks van 1974 het vroeër die maand saamgetrek vir hul 50-jaar reünie. ‘Dit was goed om ons ou klasmaats weer te sien. Dit was ‘n fees soos net ons dit kon vier,’ sê mev. Melinda van der Merwe Heyneke, deesdae van Vaalpark.
Onder die reüniegangers was voor, van links: Ankie Regtien Strydom, Johanna van Staden, Ingrid Broodryk, Anna Orsmond, Louise Celliers, Marietjie Maritz, Melinda van der Merwe, Brigitte Gortz en Magda Pretorius. Agter van links: Burrie Smit, Jay-Jay, Marius Logtenberg, Pieter Erasmus, Wynand du Preez, Heidi Schumacher, Pieter Williams, Danie Celliers, Danie Benadé, Ronel van Niekerk, Jacques Louw, Flippie Prinsloo, Piet Nel, John Leyden, Conrad van Graan en Tewis Steyn.
Vyftien van Transvalia se 1974-matrikulante is reeds oorlede. Hulle is tydens die 50-jaar reünie onthou met elkeen se naam wat op ‘n klip geskryf en onder ‘n kruis en kerslig geplaas is. Die oorledenes is Herman Muller, Francois Marais, Michael Fummarillo, Deon Pienaar, Marius Kapp, Gerhard van Wyk (Bakkies), Pikkie Pelser, Anita Visser, Annetjie van Zyl, Corrie Marais, Susan Engelbrecht, Eugene Swanepoel, Johan Mulder, Stiaan Meyer en Braam Olivier.Burrie Smit is een van die min Trasvalia-matrikulante van 1974 wat nog in sy skooldrag pas! Hier pronk hy trots in sy Transvalia-skoolbaadjie, met Anna Orsmond wat glimlaggend toekyk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.