Die liefde blom vir Brandon na tragedie
Die krag van lliefde met nooit onderskat word nie
VANDERBIJLPARK. – Daar is weer ‘n vonkel in sy oog.
Hoewel die 28-jarige Brandon Moolman steeds aan ‘n rolstoel gekluister is nadat hy vier jaar gelede sy nek in ‘n fratsongeluk gebreek het, is daar ‘n geheimsinnige glimlag wat om sy mondhoeke speel.
Daar is net een ding wat die Adamsgeslag so kan betower en dit is liefde! Hy is verlief, verlore en verloof nadat hy 10 Maart die jawoord vir die fraaie Megan van Schalkwyk (19) gevra het. “Ek het nog nooit so gemaklik by enige persoon gevoel nie.
Ons vul mekaar ongelooflik aan. Sy motiveer my en laat my beter oor alles voel. Al sien ek haar net of kry ‘n boodskap van haar, dan is alles beter.”
Die tweetjies se paadjies het in 2018 gekruis toe hy noodgedwonge by die Rhino Week gehelp het om af te rig, maar hy het nie van haar notisie geneem nie. “Daar is ‘n stigma as mans vrouehokkie afrig, so ek hou nie eintlik daarvan nie.
Ek het later gehoor dat sy ‘n ‘crush’ op my gehad het. Eers toe ek in 2022/23 by NWU Vaal begin afrig, het ons met mekaar op Instagram begin gesels,” vertel hy. “Ons het baie oor trou gepraat. Die besluit om verloof te raak is nie ligtelik geneem nie.
Ons besef ons verhouding het baie meer uitdagings as gewone verhoudings,” sê hy. Hoewel hy sy B.Com-graad in Ekonomie en Internasionale handel in 2020 verwerf het, is dit ‘n opdraandestryd om werk te kry.
“Ek was al by ‘n paar onderhoude, maar Smoorverlief! Die Vaaldriehoekse kwadrupleeg, Brandon Moolman en sy verloofde, Megan van Schalkwyk. ek kry nie werk nie. Ek wil werk om vir ons ‘n lewe te vestig.”
Hoewel sy nie-winsgewende organisasie, WBF 06 nou en dan fondse vir sy versorging insamel, gaan dinge maar moeilik. “Ek probeer om meer onafhanklik te wees, maar dit gaan nog baie tyd vat. Ek is baie afhanklik van my versorger, Riana Geringer.
“Buiten my mediese fonds is sy ons grootste en belangrikste uitgawe. Ek wil graag ‘n motiveringsspreker word. Ek het al ‘n paar keer by die rehabilitasiesentrum praatjies gaan lewer en geniet dit. Ek dink my storie kan mense inspireer en help.”
Diegene wat belangstel om te help met Brandon se versorging, kan die bankbesonderhede hier onder gebruik: Nedbank: Rek nr: 1205893229 Takkode: 198 765 Tjekrekening Swift kode : NEDSZAJJ Verwysing: Naam en van Borge sal ‘n afskrif van die NWO se 18A-sertifikaat ontvang om te verseker dat die fondse volgens wet aangewend word.
