Geleenthede vir kinders op die outisme spektrum
VANDERBIJLPARK. - Almal het 'n storie, veral ‘n persoon wat 'n pad geloop het met ‘n kind wat op die outisme spektrum is.

“Soms is dit ‘n baie moeilike pad. Veral as hulle klein is, maar daar is soveel positiewe stories van wanneer kinders volwasse word,” vertel Margaret Dippenaar van die Bethel Home in 4 Beethovenstraat.
Dié tehuis is deel van Wings for Life Institute for the Disabled, ‘n nie-winsgewende organisasie.
“Bethel het sy oorsprong weens die spektrum-kinders wat volwasse word en nie verder ‘n heenkome het nie.
“Hier word studente vaardighede geleer in skoonmaak, basiese kook, bak, voorbereiding vir funksies, kelnerwerk en sosiale en lewensvaardighede.
“Bethel Home het ook gastekamers wat uitverhuur word, ‘n koffie winkel en ‘n saal en tuin waar funksies, vergaderings en seminare en klein troues gehou kan word.
“Die gedagte is dat hierdie werksgeleenthede sal word vir mense wat spesiale behoeftes het, maar veral vir die wat op die outistiese spektrum is,” verduidelik Margaret.
As deel van die projek het Bethal Home drie van die oud-leerlinge se ouers gevra gevra wat hulle stories sal kom deel.
“Ons wil ook ‘n vraag en antwoord sessie bied. Ons doel is om ouers (en families) hoop en vaardighede en miskien selfs perspektief te gee.”
Dié geleentheid word beplan vir Saterdag, 13 April om 09:00 by Bethel Home (4 Beethovenstraat).
Besprekings en kaartjies kan verkry word by die Bethel-koffiewinkel of by Wings for Life Skool (op die hoek van Rossini Boulevard en Boswelstraat). Toegang is R60 per kaartjie.
“Wanneer u ons besoek en ons ondersteun, maak u ‘n verskil in iemand met spesiale behoeftes se lewe . U help ons om die droom en visie te verwerklik sodat daar geleenthede geskep kan word,” sluit Margaret af.
April is Outisme-maand. Deur projekte soos die ondersteun kan almal ‘n positiewe bydrae tot die lewe maak.