Lewensliggies se “pa” onverwags oorlede
'n Gedenkdiens vir Fanie word Maandag, 1 April om 11:00 by die Derdekruis-gemeente in Prinsloostraat 3, SE2, Vanderbijlpark gehou.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde inwoner van die Vaaldriehoek, mnr. Fanie Blignaut, het Maandag, 25 Maart, onverwags gesterf nadat hy kort tevore ‘n rugoperasie ondergaan het.
Wyle mnr. Blignaut en sy vrou Hikkie was die stigters van die Lewenslig Sentrum vir mense met breindgestremdhede in Carterstraat, Vanderbijlpark. Die inwoners, of Liggies soos hulle goedig genoem word, was nog altyd besonder geheg aan die egpaar en baie het “Oom Fanie” as hul tweede pa beskou.
‘n Gedenkdiens vir Fanie word Maandag, 1 April om 11:00 by die Derdekruis-gemeente in Prinsloostraat 3, SE2, Vanderbijlpark gehou.
Vaalweekblad gun die Blignautgesin privaatheid om hul hartseer te verwerk en sal in ‘n later stadium ‘n volledige berig oor dié uitsonderlike man doen.

