Local newsNewsNews
Die SASOL marathon – oud en jonk het deelgeneem
Die ernstige atlete het hul tye behaal, maar hier fokus ons eers op die 5-km dapper-pret-stappers
SASOLBURG. – Die SASOL Marathon word jaarliks deur honderde atlete gehardloop.

Daar is die wat die 42,2 km met erns aandurf om vir die Comrades Ultra Marathon te kwalifiseer, die halfmarathon atlete wat hul tyd wil verbeter en die 10 km teerpadtrappers wat hulself wil bewys.

Dan is daar die 5 km pretdraf. Onder hulle is daar ook ernstige atlete, veral die jonger garde wat nog nie oud genoeg is om aan die 10 km deel te neem nie, maar vir die meeste is dit pret en dit vir die hele gesin.

Vaalweekblad is ook trots op ons eie Gugulethu Kgongoane wat die halfmarathon voltooi het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
