VANDERBIJLPARK. – “Ons het die stel gekoop toe ek vyf maande swanger was met ons oudste dogter,” vertel Ida du Plooy. Dit was 49 jaar gelede.
Die besonderse keramiek eetstel het hulle destyds in Viljoenskroon raakgeloop. Die stel is byna volledig en bestaan uit 11 groot borde, drie opskepbakke, sewe kleinbordjies, nege wynglase, 10 koffiebekers, 10 pierings, 12 visbordjies, ʼn vleisbak, ʼn suikerpot, ʼn melkbeker, en ʼn sout en peper stel.

“Die stel lê my aan die hart, maar ons het regtig nie meer plek vir dit nie en die kinders en kleinkinders verkies almal die wit stelle,” beduie Ida.
Die dat sy besluit het om die stel te verkoop teen R3000 onderhandelbaar. Kontak 083 604 0220 vir meer besonderhede.

