Local newsNewsNews

Ek sê maar net: Links hou, regs ry om slaggate te vermy

RUBRIEK. - Oor slaggate, geverfde parkeerareas en 'n pensioenaris wat stroomop in 'n boulevard ry.

RUBRIEK. – Ma se kinders, is dit net ek of raak dit al hoe gevaarliker op die paaie? Verlede week vat ek rustig die draai voor die kliniek verby op pad huis toe.

Kan nie vinnig daar ry nie. Daar is maar altyd ‘n slaggat of ses en dan weet jy ook nooit wanneer gaan ‘n taxi rem aanslaan nie.

Eers dag ek my oë bedrieg my. ‘n Motor is baie stadig in aantog van voor af. Dis helder oordag, so dit kon nie ‘n spook wees nie.

Ek ry stadiger. Stop heeltemal. Voor my is ‘n ouerige dame kalm besig om teen die verkeer te ry.

Sy voer ‘n beweging met haar hand uit wat enige iets van dankie dat jy stop tot vlie weg, jy is in my pad kon beteken.

Terwyl ek haar oopmond aanstaar, draai sy dwars voor almal in en ry doodluiters by die aftreeoord in.

‘n Paar dae later draai ek links op in ‘n straat. Die stukkie pad om die draai is ook meer gat as pad.

‘n Jong meisie op ‘n bromponie swaai heeltemal voor aankomende verkeer in om die slaggat te vermy. Gelukkig is daar nie ‘n ongeluk nie.

Weet sy moenie in die regterkantste baan ry nie, maar as sy met haar bromponie deur die gat gery het, het sy of ‘n band beskadig of geval.

Kyk, die slaggate in onse dorp se strate is niemand se maat nie. Enige een wat  mooi reguit ry ken of nie die dorp nie, of hulle is gedrink.

Nugter mense lyk asof ons totaal en al op ‘n stasie is soos wat mens probeer om gate mis te ry.

Dankie tog vir besigheidseienaars wat wel voor hul besighede en partykeer sommer ‘n hele straat regmaak.

Tot onlangs het ons kantoorgebou se parkeerarea ook na moeilikheid begin neig.

Mense het gesukkel met die hou links gaan regs verby beginsel en het op snaakse plekke begin stop in die hoop om hul motor ‘n rukkie uit die bloedige son te hou.

Dankbaar vir die gebou se eienaar wat die probleem raakgesien het. Ekstra afdakke opgesit het en boonop die parkeerarea duidelik in wit, geel en rooi geverf het. As die res tog maar net dieselfde wou doen. Sela!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button