Local newsNewsNews

Rasieleiers skep die regte atmosfeer!

Alle skole is welkom om Vaalweekblad op hoogte te hou van tuisbyeenkomste sodat ons ook by julle kan kom inloer. Stuur 'n epos aan Elsje@mooivaal.co.za

VANDERBIJLPARK. – Die plaaslike skole se wintersport is volstoom aan die gang.

Saterdag was daar weer rugby-, netbal- en hokkie-aksie by die meeste plaaslike skole.

Daarmee saam rasieleiers (cheerleaders) wat sorg dat die regte atmosfeer voor die aanbreek van die eerstespan-rugbykragmetings heers.

Vaalweekblad het onlangs by HS Transvalia gaan inloer en die rasieleiers in aksie aanskou.

Soos altyd was dit ‘n pragtige vertoning en duidelik dat daar baie ure en oefening ingesit word om dit te vermag.

Knap gedaan dames, julle harde werk word raakgesien.

Nog foto’s is Vaalweekblad (5 – 11 April) – Foto’s: Elsje Vermeulen

Die poniesterte wip deur die lug soos die rasieleiers hul beste gee.
Gereed om na aksie oor te gaan.
Nolinca Heyneke tydens die vertoning.
Vertroue in jou spanmaats is van uiterste belang.
Die pragtige glimlagte getuig dat die jong dames die optrede baie geniet.
Die poniesterte hang vir ‘n paar sekondes stil.
Dan is dit weer oor na aksie!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button