Olé Carli, ons hou duimvas!
Ons eie Carli is benoem vir een van die land se grootste teatertoekennings
VAALPARK. – Die Vaaldriehoek se eie Carli Olivier is genomineer vir ‘n Naledi Theatre Award.
Sy is benoem in die kategorie, beste vertoning in ‘n dans, fisiese teater of balletproduksie, vir haar uitmuntende Spaanse dansvertolkings in Sueños (James Grace & Carli Olivier, in samewerking met Pieter Toerien Produksies).
Die Naledi Theatre Awards beloon elke jaar die room van Suid-Afrika se teater en dansproduksies.
Vanjaar vind die toekenningsaand op 20 Mei by die Jo’burg Teater plaas.
Nadat sy gehoor het dat sy genomineer is vir die gesogte toekenning het Carli op Facebook gesê:
“Thank you so much Naledi Theatre Awards for the nomination. I think my heart skipped a few flamenco beats! I am deeply honoured. Biggest Olé to James Grace, Pieter Toerien Productions, Monique Els and Marilie Viljoen.”
