Local newsNewsNews

JP swem vir wyle Coach Benny

JP Nel een van die Vaal se para-swemmers skitter steeds in die swembad ten spyte van groot verlies en hartseer.

SASOLBURG. – JP Nel, een van die Vaaldriehoek se jong para-swemmers in die S14 klas, het die afgelope jaar uitstekend gevaar in verskeie swemkampioenskappe.

Dit was vir hom ‘n bitter moeilike jaar nadat sy afrigter, Benny Janssen in Junie verlede jaar oorlede is

JP het sedert 2018 onder Benny se Titans Aquatics swemklub meegeding. Hy is steeds hartseer omdat sy Coach Benny nie meer daar is nie, maar vertel met blink oë dat hy die drome verwesenlik waarvoor hy en sy afrigter so lank gewerk het.

Verlede jaar by die Eastern Gauteng Aquatics (EGA) Winter Kampioenskap het hy vir die laaste maal vir die Titans geswem en 9 goue medaljes verower.

“Tydens die nasionale kampioenskappe was Coach Benny in die hospitaal. Dit was vir JP baie moeilik om hom nie langs die swembad te hê nie, maar hy het nog vir JP boodskappe uit die hospitaal gestuur,” onthou sy ma, Joan.

JP het besluit om voort te gaan met sy swem en het by Junita Le Riche se J’s Aqua klub aangesluit.

Onder haar bekwame leiding bou hy voort op jare se harde werk. JP is verlede jaar as die EGA se Beste Para Swemmer vir 2023 aangewys.

Swem bly sy hartsport en grootste passie. Hy droom steeds daarvan om die geleentheid te kry om Suid-Afrika in die swembad by die Paralimpiese Spele te verteenwoordig.

Tot dan gee hy sy alles in die water met Coach Junita langs die swembad en sy Coach Benny in sy hart.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button