Na reën word motorsport-aksie dié Saterdag voortgesit
Hekke open Saterdagmiddag om 13:00 en die wedrenne begin om 17:00.
VEREENIGING. – Die wedrenne wat verlede naweek by Ultimate Outlaws Raceway sou plaasvind, moes ongelukkig afgestel word weens reën en hael, maar dié Saterdag, 13 April, word die aksie voortgesit.
Almal wat mal is oor motorsport kan Saterdag kom deel in eersterangse spoedpret. Daar wag hope aksie wanneer blitsige voertuie gaan kragte meet in die junior ontwikkelingsafdeling en die klasse vir Stockrods, 1660’s, 2L Hotrods, Hotrods en Sprints.
Hekke open Saterdagmiddag om 13:00 en die wedrenne begin om 17:00.
Toegang is R50 per persoon. Kinders jonger as vyf kom gratis.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging. Meer besonderhede oor die byeenkoms is beskikbaar by 082 222 3365.




