Local newsNewsNews

Welkom in die Vaal juf Michelle

HS Vaalpark het onlangs hul nuwe drama onderwyseres by die skool welkom geheet.

VAALPARK. – Vaalpark Hoërskool het 3 April hul nuwe drama onderwyseres by die skool welkom geheet.

Michelle Douglas-Joffe het jare se ondervinding in die teater, televisie en filmbedryf as aktrise, stemkunstenaar en regisseur.

“Ek het eers net deeltyds begin dramaklas gee, maar het dit al hoe meer geniet om die jonger geslag meer van die uitvoerende kunste te leer.

“My eie drama onderwyser het ‘n groot invloed op my en my loopbaan gehad en dis vir my lekker om weer te kan teruggee,” sê sy.

Michelle se gesin woon in Johannesburg en vir eers gaan sy in Vaalpark woon en werk en net naweke huis toe gaan.

“Ek is opgewonde oor die pad wat ek en my dramastudente gaan stap. Ons gaan baie prakties doen, ek wil sien hoe die leerders op die verhoog leerders kry,” beduie sy opgewonde.

Haar besluit om by Vaalpark Hoërskool se personeelkorps aan te sluit het sy in gebed geneem. Sy glo die Here sal haar ook in haar nuwe omgewing gebruik

Back to top button