Local newsNewsNews

Sake vir eers opsy geskuif vir dié gholfdag

VAALPARK. - Sake was verlede Vrydag vir eers opsy gekuif vir die Goue Driehoek Sakekamer/Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) se jaarlikse gholfdag.

Die gholfdag wat jaarliks aan alle verwagting voldoen, is beslis een van die gewildste plaaslike gholfdae.

Die gholfdag is op 5 April op die pragtige Heron Banks Gholfbaan gehou.

Nie minder nie as 30 vierballe het om 11:00 afgeslaan. Die formaat was ‘n four ball alliance scramble drive / shotgun start.

Daar was baie pryse en baie geborgde gaatjies, maar aan die einde van die dag was dit liefde vir gholf en samelsyn wat die wenner was.

Die sakekamer het al die borge en spelers bedank wat bygedra het tot die sukses van die gholfdag.

* Vaalweekblad het ook die dag ondersteun. Redakteur Elsje Vermeulen het saam gespeel en ook sommer van die gebeure op kamera vasgevang.

Die manne van Brodwill Construction se vierbal glimlag gou vir ‘n foto voor die hulle afslaan. Van links is: Obie Oberholzer, Johannes van Deventer, David Boorks en Len Oberholzer.
Daar was baie pret by party gaatjies. Soos die een waar jy jou slag op ‘n “gedokterde” fiets kon probeer … wat natuurlik nie maklik was om te ry nie.
Thorne van Zyl, SA Long Drive Champion, se afslane kon by een van die putjies “gekoop” word.
Len Oberholzer (links) en James Porritt in gesprek voor die afslaan.
Solidartietit Helpende Hand het ook een van die geborgde gaatjies beman.
Victor Daniel van Vaal Mall Tyres was ook daar met sy “woes mooi” bakkie, wat hy woes gerev het elke keer as iemand moes afslaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button