Local newsNewsNews

Vaal-leerkragte durf Twee Oseane-marathon aan

Die leerkragte het hul skole se name hoog gehou tydens die Twee Oseane-ultramarathon

KAAPSTAD. – Duisende langasems van regoor die land het Saterdag 13 April die Twee Oseane-ultramarathon in Kaapstad aangedurf.

Die wedloop oor 56km, wat onder meer die asemrowende Champman’s Peak tussen Noordhoek en Houtbaai insluit, is uitdagend, maar word as een van die pragtigste marathons ter wêreld beskryf.

Bykans 14 000 het Saterdag die ultramarathon aangedurf, terwyl bykans 18 000 vandag (Sondag 14 April) die halfmarathon sal aandurf.

Onder die 14 000 wat die ultramarathon aangedurf het is heelwat onnies van die Vaaldriehoek.

Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark se skoolhoof, Coenie Herbst, het sy skool trots gemaak deur die ultramarathon in ‘n tyd van 05:41:45 kaf te draf. Dié fikse skoolhoof het ‘n gemiddelde pas van 06:07 min/km gehandhaaf oor die 56km gehandhaaf .

Ruhan Engelbrecht, ‘n onderwyser by Laerskool Midvaal in Meyerton en lid van die Meyerton Atletiekklub, het die wedloop in ‘n tyd van 06:55:59 voltooi. Hy het ‘n gemiddelde pas van 07:26 min/km gehandhaaf.

Het jy ook aan die Twee Oseane-wedloop deelgeneem? Deel jou storie (en foto’s) met ons! Stuur ‘n e-pos aan christiaan@mooivaal.co.za

Ruhan Engelbrecht, ‘n onderwyser van Laerskool Midvaal en lid van die Meyerton-atletiekklub het die Twee Oseane-wedloop in ‘n tyd van 6 ure 55 minute en 59 sekondes voltooi. Foto: Facebook/Laerskool Midvaal
Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark se skoolhoof, Coenie Herbst het Saterdag aan die Twee Oseane-wedloop deelgeneem. Foto: Facebook/Laerskool Kollegepark

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button