Vaalweekblad Bruid van die Jaar 2023 aangewys
Veels geluk aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2023
VANDERBIJLPARK. – Sy het al menige bruide en matriekmeisies se droomrokke ontwerp. Verlede jaar het Ilze Mostert die voorreg gehad om haar eie trourok saam met haar ma, Ronelle Delport te skep.

9 September 2023 is sy en Wessel by Beaurain, buite Heidelberg getroud. Na hul dag, wat sy as die “mooiste, kosbaarste, gelukkigste dag in my lewe” beskryf, het die egpaar ‘n onvergeetlike vakansie in die Maldives gehad.
Sewe maande na hul droom bruilof, is Ilze aangewys as Vaalweekblad se Bruid van die Jaar vir 2023. Ilze en Wessel wen ‘n heerlike bederfnaweek geborg deur Stonehenge. Veels geluk!

Ilze self sê: “Ons deel ‘n passie vir reis, die buitelewe, familietyd en saam kosmaak. Ons glo geloof, vertroue, respek en eerlikheid maak ‘n verhouding.
“Ek weet ons is albei bitter trots op mekaar en ondersteun mekaar in alle opsigte. Ek is gelukkig om met my beste maatjie te kon trou.”
