Local newsNewsSport

Boks uit die boonste rakke

VANDERBIJLPARK. - Die legendariese Botes-boksfamilie van die Vaal dra beslis sy deel by om te sorg dat boks behoue en opwindend bly in die Vaaldriehoek.

Impact Boxing Fitness, die Botes-boksklub en eienaars van Knockout Pub & Grill, het onlangs vir ‘n opwindende aand gesorg toe 15 White Collar-boksgevegte daar plaasgevind het.

White Collar-boksgevegte behels dat kop-, mond- en al die nodige beskerming-toerusting gedra word.

Boksers spook sake uit in drie rondtes van twee minute elk. Daar word ook nie ‘n wenner aangewys nie.

Meer inligting en nog foto’s is in die week se Vaalweekblad (12 – 18 April).

Trevor van Niekerk en Zack Ngcobo in aksie. Agter is skeidsreger Wim Lombaard. Foto’s: Elsje Vermeulen
So amper ‘n voltreffer. Theo Mahlango en Gert Alberts in die kryt.
Juandre (Pretty Boy) Scheepers koes vir ‘n hou deur Rae Wetzl.
Dries Botes plant ‘n voltreffer in sy geveg teen Richard van Vuuren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button