Local newsNewsNews

Chanel droom om Miss Grande SA 2024 kroon te dra

Maak nader kennis met Miss Grande SA finalis, Chanel Rautenbach van Sasolburg.

VANDERBIJLPARK. – Sy beskryf haarself as ‘n dramatiese ekstrovert. Lief vir mense en natuurlik die verhoog. Chanel Rautenbach is tans ‘n finalis in die Miss Grande SA 2024 kompetisie.

Die pageant pas haar soos ‘n handskoen. Dit kombineer haar waardes en die wil om ‘n verskil te maak met haar liefde vir die modewêreld en om voor ‘n gehoor te kan optree.

Chanel Rautenbach (19) pak alles met entoesiasme en hope kreatiwiteit aan.

Sy is tans ‘n tweedejaarstudent in modeontwerp en geniet dit terdeë. “Ek hou van kreatief wees en om uit die kassie te dink.”

Chanel is net 19 jaar oud, maar weet wat sy in die lewe wil bereik. Sy wil ‘n verskil maak en sy doen.

Sy maak gereeld persoonlike pakkies vir die kinders by Huis Belinda op en is tans besig om ‘n spesiale projek te beplan by ‘n skool vir kinders met outisme.

Wanneer sy iets wil bereik, werk sy daarvoor. “‘n Mens lewe net een keer en ek glo jy moet jou kanse gebruik,” beduie sy.

Die pageantgogga het haar in 2019 gebyt toe sy aan die Miss Teen Vaal kompetisie deelgeneem het en tot tweede prinses gekroon is.

Haar liefde vir modeontwerp het sy al van kleintyd af. “Ek het altyd my ma se materiaal gevat en dit om my gedrapeer en in die bome geklim,” lag sy vrolik.

Sy het dan ook haar eie matriekafskeidsrok ontwerp in 2022. Chanel is ‘n oudleerling van Afrikaans Hoër Sasolburg en praat steeds met lof van die skool en skoolhoof, mnr. Dawie Kleynhans.

“Ek was nie lief vir akademie nie, veral nie wiskunde nie, maar ek het goed gevaar in hoogspring.” Sy was ook in 2021 deel van ‘n modelskool en het vir jare dramaklas gehad by die Akademie vir Dramakuns onder leiding van Franciska van der Merwe.

“Sy is my mentor. Sodra my studies rustiger is wil ek aangaan met drama. Ek geniet dit baie,” vertel sy met ‘n glimlag.

Vir nou konsentreer sy eers op die Miss Grande SA kompetisie. Die kroningsaand vind 1 Junie by Emperor’s Palace plaas.

Indien jy graag vir hierdie borrelende jong dame wil stem, gaan maak gerus ‘n draai op Facebook. Al die besonderhede is op ha

 
Back to top button