‘n Musiekervaring om te onthou
VEREENIGING. - Dit was 'n musikale ervaring wat jou hart warm laat klop het toe Andriëtte Norman en pianis Liezl du Plessis by die Vereeniging Barnyard opgetree het.
Andriëtte het die gehoor meegevoer om die musiek op ‘n dieper vlak te ervaar.
Sy staan bekend vir haar charismatiese persoonlikheid en haar talent om onvergeetlike melodieë te skep. Sy is bekend vir treffers soos “Mag Hy”, “Bittersoet van liefde”, “Pêrel vir ‘n kroon” en “Sewe Oseane.”
‘n Roerende oomblik was toe Andriëtte die liedjie “Skielik is jy vry” oor die geliefde musiek-ikoon Theuns Jordaan gesing het.
Hierdie vertolking het ‘n diep emosionele impak gehad en het die gehoor stil gelaat, wat die ware krag van musiek om emosies van verlies en verandering te omarm, beklemtoon het.
Die Barnyard se beligting en klankkwaliteit was uitstekend en het bygedra tot die trefkrag van die aand.
* Vir besprekings en meer inligting oor vertonings by Vereeniging Barnyard kontak: 016 454 8388 of besoek die webtuiste: barnyardvereeniging.co.za


