Local newsNewsNews
Wees bedag op ‘voorgee’ ELM-werkers
VANDERBIJLPARK. - Inwoners word gewaarsku om op-en-wakker te wees want 'n nuwe skelmstreek het sy kop uitgesteek.
Rdl. Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni het laat weet dat daar ‘n man (daar kan ook meer as een wees) wat hom/hulle voordoen as ELM-werkers en inwoners en besighede teiken vir geld.
‘n Man met ‘n ELM-oorpak, het by besighede en wonings in SW 1 en SW 2 gevra vir dieselgeld om glo “kinders te gaan haal”.
Hy het ook nie “nee” as antwoord aanvaar nie, en het eers die perseel verlaat toe die inwoner ‘n oproep na rdl. Senekal gemaak het.
Rdl. Senekal het intussen die nuwe skelmstreek onder die aandag van die stadsraad gebring, wat onderneem het om die saak verder te ondersoek en ook waarskuwings oor die “voorgee” werkers aan inwoners te stuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
