Ons weet wat ons weet
LS Emfulenipark in Vanderbijlpark se juniors wonder wat maak juffrou as die skool toe is.
Wat maak juffrou as sy nie by die skool is nie? Bly sy dalk permanent daar?
Die graad 1 tot 3’s van die Laerskool Emfulenipark in Vanderbijlpark het ‘n paar goed deurdagte antwoorde vir Gerda Bruinette gehad.

Rouxge Ferreira “Juffrou gaan huis toe en spandeer tyd met haar kinders. Ek dink sy gaan see toe op vakansie.”

Anja Blignault “Juffrou is nooit weg van die skool af nie. As sy by die huis is, kyk sy na haar twee kinders of gee klas vir spesiale kinders by haar huis.”

Marno Crause “Ek dink sy gaan maar huis toe en bly net daar by die huis.”

Katisha Myburgh “Juffrou merk ons boeke of sy lê in haar bed en slaap.”

Ava van Niekerk “Sy gaan nie ooit hier weg nie. Sy is permanent hier en merk baie boeke.”

Lienke Tredoux “Sy gaan laai haar kind iewers af of vat haar kind dokter toe en dan gaan kuier sy by haar familie.”
