Local newsNewsNews

#1Nation5000Units ‘n groot sukses

Van die Rotariërs tot by die Voortrekkers was Saterdag deel van die nasionale bloedskenkprojek.

VANDERBIJLPARK. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het Saterdag, 13 April hul doelwit van 5 000 eenhede bloed op een dag oortref en meer as 5 600 eenhede ingesamel.

Orion Voortrekkers skenk bloed. Susan Mittermaier, Andries Visagie en Petri Jooste. Foto: Susan Mittermaier

In die Vaaldriehoek het inwoners ook gehoor gegee aan die oproep om bloed te skenk en die Vereenigingtak het by die 240 eenhede ingewin.

By die bloedskenkstasie in die Vaal Mall was daar van vroeg af ‘n gewoel. Teen 12:00 is daar reeds meer as 30 eenhede geskenk.

Die stasie is naas die SANBD-span ook beman deur die Rotariër Klub van Vanderbijlpark.

Lede van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark, Zander Lindvelt, Charles Luzipho, klubpresident Adri Roos en voormalige president Celeste Lance by die bloedskenkstasie in die Vaal Mall.

Die Rotariërs het nie net gehelp om mense te kry om bloed te skenk nie, die span het self ook geskenk.

Die Orion Voortrekkers het ook hul deel gedoen en was vroeg-vroeg al daar. Die offisiere en van die ouer Voortrekkers het geskenk, terwyl die jongspan die nodige morele ondersteuning gebied het.

‘n Deel van die SANBS-span wat by Vaal Mall diens gedoen het. Judy Ramaube, Tshepo Bogatsu en Nancy Mokolopo het die dag met hope entoesiasme en in goeie gees aangedurf.

Elizabeth Seko van die SANBD Vereeningtak het gesê hul volgende groot projek vind plaas by Sasolburg Boulevard op 27 April.

Kom ondersteun hulle asseblief en red ‘n lewe. Vir meer inligting oor hoe en waar om bloed te skenk, besoek gerus www.sanbs. org.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button