Local newsNewsNews

Ovaalrenbaan-aksie by Ultimate Outlaws

VEREENIGING. - Die renjaers het Saterdagaand soos oudergewoonte vir baie opwinding en puik bestuursvernuf by Ultimate Outlaws gesorg.

Die April-wedrenne wat eintlik op Saterdag, 6 April by Ultimate Outlaws moes plaasvind, is weens nat weerstoestand na Saterdag, 13 April uitgestel.

Die volgende wedrenbyeenkoms by Ultimate Outlaws is op 4 Mei. Die hekke maak reeds om 13:00 oop en die wedrenne begin om 17:00.

Hier is van die aksie tydens Saterdagaand se wedrenne. Uitslae en nog foto’s in hierdie week se Vaalweekblad (19 tot 25 April).

Quintin Saayman in aksie in die Sprints-klas. Foto’s: Elsje Vermeulen
Pedro Hand met die wenvlag na die eerste uitdunne in die Stockrods.
18 Jaers het in die Stockrods-klas weggespring, maar daar was ‘n ongeluk om die eerste draai. Plaaslike jaer Happy Mhlambi se motor was een van die motors betrokke en hy kon nie verder deelneem nie.
Izak Spies in aksie in die Sprints-klas.

 
Back to top button