Local newsNewsNews

Maak gereed vir 4 Ankers Sasolburg-basaar

SASOLBURG. - Maak oor die naweek van 3 Mei gereed vir lekker eet, 'n vertoning, gesellig wees en ander interessanthede.

Die basaar skop Vrydag, 3 Mei om 16:00 af met tradisionele basaarkos soos pannekoek (R5), sosaties (R15), kerrie-en-rys (R15) en jaffels (R15) wat te koop sal wees.

Om 17:00 word die deure oopgemaak vir die konsert. Vanjaar se gemeentekonsert maak vele nostalgiese draaie – draaie vol humoristiese lewenskinkels. Kom lag ‘n slag.

Toegang is R30 en die konsert begin stiptelik om 18:00. Kaartjies is vooraf beskikbaar by die kerkkantoor, maar sal ook by die deur te koop wees.

Dieie gemeentekonsert is altyd ‘n treffer.

Saterdag, 4 Mei word die pret voortgesit. Die basaarstalletjies sal om 09:00 oop wees vir besigheid.

Behalwe vir al die heerlike tuisgebak en eetgoed wat te koop sal wees, spog die basaar vanjaar met poedingheerlikheid.

Die vleisstalletjie se spesiale aanbod is maalvleis, wors, sosaties en beessnitte teen R80 per kilogram.

Die basaarbraaiers het beloof dat die sosaties en worsbroodjies vanaf 09:00 gereed sal wees.

Kom snuffel gerus vir winskopies terwyl die kinders aan verskeie pretspeletjies kan deelneem.

Sondag, 5 Mei is daar om 09:00 ‘n kerkdiens met die tema: Prys Hom deur sang en musiek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button