Local newsNewsNews

Landelike veiligheid onder die loep

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê die veiligheid van die gemeenskap is ‘n prioriteit.

*Die berig het eerste in die gedrukte weergawe van Ster North (16 April – 22 April) verskyn. Hou ons koerant dop vir plaaslike nuus en meer.

MIDVAAL. – Landelike veiligheid is onder die vergrootglas geplaas toe die Demokratiese Alliansie (DA) se premierskandidaat vir Gauteng, Solly Msimanga, en die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira vroeër vandeesmaand met boere en inwoners van landelike gebiede in Midvaal in gesprek getree het.

Die saamtrek het op Saterdag, 6 April by die Zomerlust Country Estate by die Welverdiend, Meyerton plaasgevind.

By die saamtrek, van links: Crezane Bosch (die DA se skadu-LUR vir veiligheid en sekuriteit), Solly Msimanga (die DA se premierskandidaat vir Gauteng), Peter Teixeira (uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit) en Freddy Peters (raadslid vir Wyk 1 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit). Foto: Christiaan Cloete

Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê hy is daartoe verbind om landelike veiligheid te verskerp en boere by te staan.

Die plaaslike owerheid het die laaste paar jaar tegnologie soos geslotekringkameras en hommeltuie ingespan om misdaad hok te slaan.

Die DA se planne om boere en inwoners van landelike gebiede teen gewelddadige aanvalle en intimidasie te beskerm sodat die ekonomie in Gauteng kan floreer is ook tydens die geleentheid ter tafel gelê.

Kameras, soos dié langs die D1884-pad by Goeiehoek, word volgens Midvaal onderhou en op ‘n gereelde basis word nuwes opgesit. Foto: Christiaan Cloete
Ivan Parkes van De Deur se gemeenskapspolisiëringsforum benadruk hoe belangrik dit is om by jou plaaslike veiligheidstrukture in te skakel tydens die saamtrek by Zomerlust Country Estate. Foto: Christiaan Cloete
Pieter Swart, takvoorsitter van AfriForum se Midvaaltak neem notas tydens die saamtrek by Zomerlust Country Estate. Foto: Christiaan Cloete
Crezane Bosch, die DA se skadu-LUR vir veiligheid en sekuriteit, lê die DA se plan voor waarmee die party misdaad in SA onder beheer wil bring. Foto: Christiaan Cloete
Die Demokratiese Alliansie (DA) se premierskandidaat vir Gauteng, Solly Msimanga, het die saamtrek bygewoon. Foto: Christiaan Cloete

 

 
Back to top button