Local newsNewsNews

Gratis vertoning van Italiaanse groep by ERT

Daar is nog gratis kaartjies beskikbaar vir 26 April se vertoning

SASOLBURG. – Vrydag, 26 April tree die Faraualla A Cappela groep uit Italië op in die Etienne Rousseau Teater (ERT) in Sasolburg.

Die vertoning word aangebied in samewerking met die Italian Cultural Institute in Pretoria.

Faraualla bestaan al sedert 1995 en al die lede is oorspronklike van Puglia. Die groep is wêreldwyd gewild en hulle het al onder andere ʼn jaarlange toer in die VSA gedoen.

Hul jongste album Culla and Tempesta (Cradle and Storm) is onlangs bekendgestel.

Die vertoning by die ERT begin 18:30 en toegang is gratis. Bespreek jou kaartjies by  https://italianculturalinstitute.co.za/faraualla/.

 
Back to top button