Local newsNews

Musiek, dans en baie pret

Kunstedraai word 10 en vier dit met 'n produksie wat die teater se dak gaan lig.

VANDERBIJLPARK. – Die Vaal se eie Kunstedraaisentrum wat die Akademie vir Dramakuns en On Pointe Ballet Studio insluit, is 10 jaar oud.

Om die mylpaal te herdenk bied hul op 24 en 25 Mei ‘n uitsonderlike produksie aan. The Sound of Music: Of all times. A Pantomime.

n Gedeelte van die dansers en akteurs wonder hoe hulle die volgende dansnommer gaan onthou

Franciska van der Merwe en Riëtte Odendaal is aan die stuur van sake en agter die skerms begin dit al behoorlik te kook.

Daar is ‘n allemintige 105 dansers en akteurs, die meeste onder 18 en die jongste net 3 jaar oud wat in die produksie te sien sal wees.

Die kostuums is onder beheer en almal is hard besig om die dekor te help verf en klaar te maak. Die jongspan is super opgewonde en daar word weekliks hard geofen.

Mieke Erasmus help met die dekor vir die groot produksie.

“Dis die Sound of Music met ‘n twist en nog ‘n twist,” lag Fransicka. Moenie verbaas wees as die Mad Hutter, Tweedlee en Tweedledum, Sandy van Greece en Johnny van Dirty Dancing hul verskyning saam met die Von Trapps en die nonne maak nie.

“Uiteindelik gaan die hele produksie oor hoe musiek nog altyd daar was en hoe dit almal bymekaar kan bring,” verduidelik Franciska.

“Daar is dansnommers en sangnommers wat classics uit musiekblyspele insluit tot by Kurt Darren en Taylor Swift,” voeg Riëtte by.

Vir hulle is dit lekker om te sien hoe hul dans en drama leerlinge ontpop het. “Hier is kinders wat al 10 jaar deel van ons is. Van my dansers kom nog van die tyd wat ek by die laerskool ballet gegee het,” vertel Riëtte trots.

Die gedugte duo en hul span sien baie uit na die vertonings in die Etienne Rousseau Teater.

Vrydag, 24 Mei se vertoning begin om 19:00 en Saterdag, 25 Mei om 15:00. Kaartjies is beskikbaar by www.ertickets.com.

 
Back to top button