News

Inkomstediens ontken gerugte oor kuberaanval

SAID sê daar is geen bewyse dat sy stelsels gekompromitteer of belastingbetalers se data gesteel is nie.

PRETORIA – Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag bewerings wat op sosiale media en aanlyn versprei word, ontken dat die regering se inligting- en kommunikasie-infrastruktuur deur kuberkrakers aangeval is.

SAID sê hy het sy stelsels deeglik ondersoek na aanleiding van dié gerugte, maar kon geen bewyse vind dat enige stelsels gekraak of dat data gesteel is nie.

SAID sê die beskerming van belastingbetalers se inligting en die veiligheid van sy digitale platforms bly een van sy belangrikste woordelikhede.

Die organisasie het die publiek versoek om nie ongeverifieerde inligting te versprei nie.

Die publiek is ook gewaarsku om bedag te wees op bedrog en uitvissing (“phishing”), veral boodskappe wat voorgee om van SARS af te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button