Local newsNews
Provinsiale netbalproewe om die draai
Altyd lekker om met die Vaaldriehoek se jong sportsterre te spog. Ons hou duimvas vir Denieke hierdie Saterdag.
SASOLBURG – Primêre Skool Fonteine is trots op een van hul leerders wat vir die Fezile Dabi-Netbalspan gekies is. Denieke Hattingh neem 30 Mei aan die Vrystaat-netbalproewe deel.
Die proewe vind in Kroonstad plaas.
Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Jou harde werk, toewyding en passie vir netbal het beslis vrugte afgewerp.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie besondere prestasie en wens jou alle sukses toe vir die volgende stap.
Sterkte, Denieke — hou aan om na grootheid te streef!”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
