Local newsNews

Vir Caitie is alles moontlik

Caitie Rock se nuwe musiekvideo, Alles is moontlik, iis 'n moet sien. Kliek op die skakel om te kyk en te luister

MEYERTON – Caitie Rock. Daar is net een soos sy. Van atletiek tot musiek, sy gee haar alles. Haar nuwe musiekvideo is so pas vrygestel en dit loop soos stroop. Mooi op die oor en straal van Caitie se energie.

Die lied se naam is Alles is moontlik en vat haar persoonlikheid perfek vas. Dis geskryf deur die befaamde Sunette Bridges en die video is ook deur Rivers and Bridges Music geproduseer.

Alles is moontlik is deel van Stormloop, ‘n versameling liedjies uit Sunette se pen vir verskeie Afrikaanse kunstenaars om Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal te vier.

Sunette het op haar Facebookblad gesê: “Die pragtige meisiekind is 16 jare jonk, maar skrik vir niks! Van 400 meter hekkies, tot haar eie orkes, haar solo-treffer, Desember Dagdroom, konserte oor naweke en hard werk op skool, het hierdie pragtige jong dame elke woord van hierdie liedjie wat ek vir haar geskryf het, geïnspireer!”

Binne ‘n uur nadat die video op You Tube geplaas is, is dit reeds 300 keer gekyk met positiewe kommentaar.

Nellie van der Westhuizen sê: “Jy het n baie mooi stem, jy gaan dit nog ver vat. Baie geluk aan almal wat aan die lied gewerk het. Sunette nog n treffer uit jou pen.”

Carol-Anne van Staden vat dit perfek vas: “Pragtige liedjie mooi woorde en ‘n pragtige stem ook.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button