Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Wat is jou gunsteling kos?

Ons almal het kosvoor- en afkeure. Smaak verskil mos. Wat eet die jongelinge van LS Voorwaarts in Meyerton en wat eet hul nie?

Elkeen van ons het ‘n gunsteling kos en dit wat ons nie van hou nie. Gerda Bruinette het Laerskool Voorwaarts in Meyerton se jongelinge gevra wat is hul gunsteling kos en wat eet hul glad nie.

Lanay van Rooyen Die lekkerste is pizza met pynappel op. Ek hou nie van spaghetti of burgers nie. Ek is al moeg vir burgers. Ons eet dit omtrent elke aand.

Suzanne Muller Ek is lief vir smeerbroodjies. Dis veral lekker met tjoklitsmeer of peanutbutter en jam op. Ek hou niks van sandwiches nie. Dit het gewoonlik tamatie, wortels, blaarslaai en mostert op.

Kyle Myers My ma se kos is die lekkerste. Sy maak kerrie en rys en vetkoek en mince vir ons. Ek hou nie van KFC en McDonalds nie.

Luandré Smit My gunsteling is wortels. Gaar wortels met aartappels en uie. Ek hou nie van ongesonde kos soos burgers en pizza nie, dit maak jou vet.

Fanie Gericke My gunsteling is vanilla roomys. Ek hou nie van uie nie. My ma weet as ek uie kan sien, eet ek dit nie, maar as ek dit nie kan sien nie, sal ek dit eet.

Ava La Grange My gunsteling kos is pizza met mushrooms. Ek eet glad nie suurlemoene nie. Dis regtig sleg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button